Duitsers diskrimineer teen Russe

Die Russiese ambassade in Duitsland het sy kommer aan die Duitse ministerie van buitelandse sake uitgespreek oor diskriminasie van Russe in die land. Die Russiese ambassadeur in Duitsland, Sergey Nechayev sê daar is ‘n behoefte aan ‘n baie sterk boodskap wat aan owerhede regoor die land gestuur moet word om die diskriminasie was Russe in Duitsland ervaar, te stop. Nechayev sê die ambassade registreer honderde klagtes van Russe oor diskriminasie wat teistering en afknouery insluit, ook in skole waar Russiese kinders studeer. Hy het bygevoeg dat dat Russiese sakelui in Duitsland tot dusver nog nie by die ambassade gekla het nie.