Duitse rolprent word by die kus gemaak

Die Namibiese minister van inligting, dr. Peya Mushelenga, het ‘n hoëvlak regeringsafvaardiging na ‘n multi-miljoen Namibiese dollar internasionale filmproduksie begelei wat tans by die Namibiese kus verfilm word. Die rolprent ‘Ein Platz an der Sonne’ is die eerste filmproduksie sedert die Covid-pandemie. Mushelenga het aan Namibiese nuusagentskappe gesê die besoek het hom laat besef Namibië kan buitelandse direkte beleggings deur die filmbedryf lok.