Duitse regering gee studiebeurse aan Namibiërs vir groen waterstof-industrie

Die Namibiese regering het ‘n samewerkingsooreenkoms met Duitsland onderteken wat studiebeurse aan Namibiese studente ter waarde van 40 miljoen euro sal voorsien om in die veld van groen waterstof-industrie te studeer. Die groen waterstofkommissaris, James Mnyupe, sê buiten die studiebeurse, sal dit ook fondse voorsien vir volhoubaarheidstudies en die konstruksie van groen waterstof-aanlegte by Lüderitz, en onder meer in die streke van Erongo en Kunene. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obed Kandjoze, het gesê die werk om klimaatsverandering in Namibië te takel, moet vandag begin.