Duitse en Skotse wetenskaplikes wen Nobelprys vir Chemie

Die Nobelprys vir Chemie is toegeken aan die Duitse wetenskaplike Benjamin List en die Skotse chemikus wat in Amerika woon, David WC MacMillan, wat ‘n nuwe instrument ontwikkel het om molekules te bou. Hulle is vereer vir werk wat aanleiding gegee het tot navorsing in verband met nuwe middels en om die uitwerking van chemie op die omgewing te verminder. Hulle het probeer vasstel of ‘n aminosuur, prolien, ‘n chemiese reaksie kan veroorsaak om ‘n katalisator te verkry. List en MacMillan, wat onafhanklik van mekaar gewerk het, het in 2000 ‘n nuwe soort katalisator ontwikkel wat afval verminder en nuwe maniere toelaat waarop molekules saamgestel word.