Duitse Bundestag-lid is vriend van LPM

Die LPM-party se leier vir menseregte, Joyce Muzengua sê Sevim Dagdelen, die lid van die Duitse parlement, die Bundestag en daardie land se Linkse Party, is ‘n baie goeie vriend van die party. Dagdelen kom vandag in Windhoek aan vir samesprekings met die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi. Sy is ‘n groot voorstander van reparasies vir die 1904-1908 volksmoord en sê sy skaam haar vir die Duitse regering wat steeds weier om die volksmoord wat hy in Namibië gepleeg het, te erken. Muzengua het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.