Duisende word op Kinderdag-herdenking bestee, maar nie op kinders nie

Feesvieringe rondom die Wêreld Kinderdag het oor die naweek aan die kus afgeskop en duur steeds voort. Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, het ook ‘n glansryke galadinee aangebied wat sowat 126 000 Namibiese dollar vir die Walvisbaai Sonskynsentrum ingesamel het. Wêreld Kinderdag word elke jaar op die 20ste November gevier en oor die naweek is daar duur feestelikhede gehou, met gassterre en staatshoofde wat ingevlieg is, terwyl daar kinders is wat honger gaan slaap en selfs sterf aan wanvoeding. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met oud-ombudsman, advokaat John Walters, wat sê dis tyd om meer innoverend te dink oor sulke uitspattige vieringe.