Duisende opgelei en in poste geplaas in Kaapstad

Die Stad Kaapstad sê danksy die platforms van die Direktoraat vir Ekonomiese Groei, asook vennootskappe, is meer as 14 100 inwoners van die Stad Kaapstad die afgelope twee jaar opgelei en in poste geplaas, terwyl nog 8 581 vir die werkplek opgelei is. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê geleenthede in groen-tegnologie, marine-vervaardiging, IT, en ander industrieë, is vir duisende jong Kapenaars beskikbaar: