Duisende migrante kom in Spanje aan met laaggety

n Rekordgetal van minstens 6 000 Afrika-migrante het op een dag van Marokko na die Spaanse enklawe Ceuta beweeg. Volgens amptenare is daar sowat een-duisend-500 kinders onder die duisende wat óf rondom grensheinings geswem óf tydens laagwater oorgestap het. Honderde troepe en polisielede is ontplooi om die strand te patroleer en ongeveer 2 700 is reeds na Marokko teruggestuur. Die toestroming volg te midde van hernude spanning in Wes-Sahara, ‘n gebied wat tot 1975 in Spaanse besit was voordat Marokko dit geannekseer het.