Duin 7-konsessie maak oop vir bieër-registrasie

Die Namibiese omgewingsministerie het tenders vir sy Duin 7-konsessie vandag geopen. Bieërs het tot volgende week Maandag om te registreer om sodoende die aansoek-dokumente te bekom. Duin 7 is geleë in die Dorob Nasionale Park en die konsessie laat die houer daarvan toe om ‘n restaurant en kroeg daar te bedryf sowel as om piekniekgeriewe te ontwikkel. Toegang na die perseel kan ook beheer word en die gebied mag afgebaken word. Die ministerie sê verder funksies soos troues en meer sal toegelaat word sowel as verskeie aktiwiteite.