Dudu skitter in haar afwesigheid by die Zondo-kommissie

Die voorsitter van die staatskapingskommissie Raymond Zondo sê die kommissie moet ‘n strafregtelike klag van minagting indien teen die gewese voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni. Dit volg nadat sy nie vanoggend opgedaag het om te getuig nie. Dit is die tweede keer wat so ‘n klag teen Myeni ingebring word. Zondo het opdrag gegee dat sy teen twee-uur vandag beskikbaar moet wees. Die getuienisleier, Kate Hofmeyr, sê hierdie soort gedrag moet hanteer word: