Duane sal nie volgende naweek teen All Blacks uitdraf nie

Die Springbok-agtsteman, Duane Vermeulen, sal waarskynlik nie vir volgende naweek se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Mbombela oorweeg word nie. Hy en Frans Steyn, wat saam met hom die Wêreldbeker gewen het, het hulle weer by die nasionale groep aangesluit wat tans in Mpumalanga voorberei nadat albei die reeks teen Wallis weens beserings misgeloop het. Die afrigter, Jacques Nienaber, sê Vermeulen het nog nie aan die span se veld-oefeninge deelgeneem nie, terwyl Steyn reeds saam met die Cheetahs geoefen het. Hy sê hulle sal volgende week ‘n besluit neem oor albei spelers.