Druiwe-werkers by Aussenkehr glo laat betaal

Werkers van Solar Grape by Aussenkehr langs die Oranjerivier se Desember-salarisse is glo laat inbetaal. Werkers van die maatskappy wat druiwe uitvoer, sê hul salarisse moes al op 24 Desember verlede jaar inbetaal word. Eers nadat die werkers opgeruk het na die Spar op Aussenkehr om hul salarisse te eis, is hul salarisse inbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het Solar Grape gekontak, maar hulle wou geen kommentaar lewer nie en sê die eienaars is in Suid-Afrika.