Droogtes het impak op skoon energiebronne

Klimaatsverandering bly in die nuus na die VN se jongste verslag. Daar is tans kommer oor die impak van verlengde droogtes op hidroëlektrisiteit wat as ‘n skoon bron van energie ge-ag word. Volgens internasionale nuusagentskappe is daar aanlegte in die VSA, China en Brasilië wat reeds geen krag kan opwek as gevolg van droogte nie, al is daar reservoirs. In Namibië is die opwekkingskapasiteit van Ruacana ook beperk tot reënval en daar is ook geen reservoir by die aanleg nie en die elektrisiteit kan ook nie geberg word nie.