Droogtehulp staan ook boere met veldbrande by

Namibië Droogtehulp sê hulle help nie net boere in droogtegeteisterde gebiede nie, maar ook slagoffers van die talle veldbrande. Henriette le Grange van die organisasie reageer op die People of South Africa-stigting wat met ‘n veldtog begin het om veevoer en ander hulp aan soveel plase moontlik in Suid-Afrika te verskaf. Die koördineerder van We Are South Africans, Gilbert Martin, sê dit sluit die Vrystaat in, waar duisende hektaar grond onlangs deur veldbrande verwoes is. Henriette le Grange van Namibë Droogtehulp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *