Droogtehulp reël verskeie fondsinsamelings-geleenthede vanjaar

Droogtehulp Namibië se fondse is op en talle boere wat bystand gevra het moes weggewys word. Die organisasie het reeds verlede jaar uitdagings gehad, veral met die veldbrande wat landwyd voorgekom het. Henriette le Grange van die organisasie sê daar is baie planne in die pyplyn om fondse vanjaar in te samel.