DRK-maasbankerkwota stel teleur

Daar is groot teleurstelling in die plaaslike visbedryf nadat dit aan die lig gekom het dat die regering ‘n gevriesde kwota van 27 300 metrieke ton maasbanker aan die DRK verkoop het. Rolspelers in die bedryf het aan plaaslike media gesê die bedryf kan self die 350 000 metrieke ton maasbanker wat beskikbaar is, vang en self verwerk. Gevriesde kwotas dra niks by tot die bedryf nie. Die eienaar vang die vis en vries dit in die vaartuig. Dit word dan self verwerk. Die Namibiese minister van visserye Derek Klazen het aan die media gesê die DRK se minister van die ekonomie, Jean-Marie Kalumba Yuma is tans in die land om die kontrak te onderteken. Die DRK is die grootste mark vir Namibiese maasbanker. Die land sal net meer as 84 miljoen Namibiese dollar vir die kwota, wat vroeër deur die regering opgeveil is, betaal.