Dringende aansoek om Zondo-verslag terug te hou

Die Hooggeregshof in Johannesburg sal vandag ‘n dringende aansoek van Democracy in Action aanhoor vir ‘n interdik teen die Zondo-kommissie se oorhandiging van die eerste deel van die staatskapingsverslag aan President Cyril Ramaphosa. Die burgerregtegroep voer aan Ramaphosa het botsende belange omdat talle getuies hom by korrupsie betrek het. Die groep wou hê die saak moes Maandag aangehoor word, maar die partye het ingestem dat dit vanoggend plaasvind. Waarnemende hoofregter Raymond Zondo beplan om die verslag vanmiddag by die Uniegebou in Pretoria te oorhandig.