Drie vermeende voornemende renosterstropers bly in aanhouding

Drie Namibiese mans, die 51-jarige Simon Penda Namene, die 41-jarige Mateus Shimbilinga en 32-jarige Gottlieb Timo Wilhelm, het vandag in die Otavi-landdroshof op klagte van die onwettige besit van ‘n jaggeweer en ammunisie sonder geldige lisensies. Hulle bly in aanhouding. Die beskuldigdes is gistermiddag naby Otavi in hegtenis geneem nadat hulle na bewering op pad was na ‘n wildsplaas om te stroop. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan van die Namibiese polisie, kommissaris Barry de Klerk, is ‘n jaggeweer met ‘n teleskoop en knaldemper in ‘n sedan gevind waarin die drie op ‘n grondpad noord van Otavi gereis het.  Agt patrone, ‘n panga en ‘n mes is ook gevind wat deur die polisie gekonfiskeer is.