Drie verdagtes was weens moord op Duitse toeris in Mpumalanga

Drie verdagtes is in verband met die moord op ‘n Duitse toeris in Mpumalanga in hegtenis geneem. Hulle word verbind met die moord van 67-jarige Jorg Schnarr verlede maand op die Numbi-pad in die Nasionale Krugerwildtuin. Schnarr is doodgeskiet toe hy saam met drie ander mense vanaf die Drakensberge na die Mdluli-safari-oord gereis het. ‘n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê een van die mans is by ‘n winkel in Mbombela vasgetrek terwyl die ander twee in Badplaas en Elukwatini aangekeer is.