Drie vas oor die naweek vir dagga

Die Namibiese polisie het oor die naweek verskeie dwelmvondse gemaak. ‘n Dertig-jarige man is by die Windhoek-Rehoboth padblokkade vasgetrek met dagga ter waarde van 331 000 Namibiese dollar en by dieselfde padblokkade is ‘n 24-jarige verdagte gearresteer vir die besit van dagga ter waarde van 50 000 dollar. In Hentiesbaai is daar beslag gelê op net minder as 12 000 dollar se dagga en ‘n 33-jarige verdagte is in hegtenis geneem.