Drie soldate bly agter tralies
Die drie lede van die Namibiese weermag wat met eland-, koedoe- en blou wildebeest-vleis in die Mangetti Nasionale Park gevind is, is vandag borg in die Rundu-landdroshof geweier. Hulle is oor die naweek met die vleis, met ‘n geraamde waarde van amper 23 000 Namibiese dollar, gevang. Die drie, David Aishe, Richard Kasoma, en Paulus Iipinge het voor landdros Sonia Sampofu verskyn. Sy het die saak tot 7 Mei uitgestel.