Drie Petrusse bly in aanhouding ná Stadspolisie hulle vastrek

Drie beskuldigdes wat deur die Windhoekse Stadspolisie in Otjomuise Uitbreiding 4 in hegtenis geneem is nadat hulle ‘n 24-jarige man aangeval en beroof het, het in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn en bly in aanhouding. Volgens die Stadpolisie is die slagoffer met ‘n panga aangeval voordat hy van sy selfoon beroof, en selfs van sy broek en skoene gestroop. Gelukkig het die slagoffer dadelik die Stadspolisie gebel wat die gebied omsingel het, alle uitgange versper en die verdagtes in ‘n rivierbedding in hegtenis geneem het. Alle gesteelde items is teruggevind en aan die eienaar terugbesorg. Die beskuldigdes, ironies genoeg almal met die naam Petrus, naamlik Petrus Lameka, Petrus Mwasheka en Petrus Andreas is borgtog in die hof geweier.