Drie mense in Nieu-Seeland in bedenklike toestand na aanval

Nieu-Seeland se eerste-minister, Jacinda Ardern, beplan strenger teen-
terreurwetgewing ná Vrydag se mesaanval in Auckland deur ‘n man wat deur die polisie
dopgehou is. Die polisie het die aanvaller, die 32-jarige burger van Sri Lanka, Ahamed
Athil Mohamed Samsudeen, doodgeskiet. Die man, wat die Islamitiese Staat
ondersteun, het sewe mense in ‘n supermark aangeval. Drie van hulle is in ‘n bedenklike
toestand. Hy het om vlugtelingstatus aansoek gedoen toe hy in 2011 in Nieu-Seeland
aangekom het. Samsudeen is verskeie kere voor Vrydag se voorval in hegtenis
geneem.