Drie mense, 53 reddingshonde oorleef vliegongeluk

‘n Vliegtuig met 53 reddingshonde aan boord wat op pad na ‘n diereskuiling was, het in Wisconsin in Amerika neergestort. Die drie mense aan boord en al die honde is ongedeerd. Die vragvliegtuig het die diere na die Humane Animal Welfare Society vervoer om aangeneem te word, toe dit ‘n noodlanding moes doen. Die vliegtuig het aansienlike skade opgedoen en het by die derde putjie van ‘n gholfbaan tot stilstand gekom.