Drie landelike skole kry 671 sonkrag-lampe

Die Capricorn-stigting het 671 sonkrag-lampe aan drie skole in landelike Namibië geskenk om tuisstudie veilig, effektief en moontlik te maak. Die skenkings gaan aan Eenhana Sekondêre Skool in Eenhana, waar 330 leerders sonkraglampe ontvang het. Ondeka Gekombineerde Skool op Outapi het 100 sonkragligte ontvang. Hoërskool Mureti op Opuwo sal 241 ligte ontvang. Grace Luvindao, kommunikasiebeampte van die Capricorn-groep, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.