Drie kundiges bedank uit Meatco-direksie

Meatco se direksievoorsitter, Johnnie Hamman, sy adjunk Clara Bohitile en raadslid Kay Dieter Rumpf het uit die direksie bedank. Dit volg na ‘n direksievergadering verlede week. Hamman het glo in sy bedankingsbrief aan minister Leon Jooste, gesê hy kan nie met ‘n skoon gewete sekere korporatiewe bestuurskwessies lei nie. Hamman wou nie kommentaar lewer nie en het alle navrae na Jooste verwys. Landbou-kenner Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Hamman en Bohitile is albei deskundiges en Rumpf verteenwoordig die kommersiële boere.