Drie groot eise stoot mosiehof syfers skerp op

Daar was 89 aansoeke om verstekvonnisse in die hoërhof vanoggend met twee sessies wat deur regters Shafimana Ueitele en Collins Parker hanteer is. Daar was 20 reël 108 aansoeke op die rol. ‘n Totaal van 41 aansoeke is deur kommersiële banke gebring waar betalings op 14 lenings met ‘n uitstaande waarde van 3,37 miljoen Namibiese dollar gevra is. Drie voertuie is teruggevra en 24 eiendomme met uitstaande skuld van 62,5 miljoen dollar is opgeëis. Die uitstaande verbandbetalings is baie hoog omdat daar drie groot eise op die reël 108 rol was met 19 miljoen, 12,6 miljoen en 6,7 miljoen dollar wat betaalbaar is. In Maandag se sessie sal regter Thomas Masuku 64 onverdedigde egskeidings hanteer.