Drie dood in mislukte brandstof-diefstal poging

Drie mense het gesterf toe hulle gepoog het om brandstof te steel by die Transnet-brandstofpypleiding in KwaZulu-Natal. Transnet-pypleidings is in kennis gestel oor ‘n brand by Horseshoe-weg in Clairwood, Durban, naby die brandstofpyplyn. Die nasionale bedryfsentrum het die pypleiding onmiddellik gesluit en die noodreaksieplan van stapel gestuur. Transnet se woordvoerder, Ayanda Shezi sê ‘n voorlopige ondersoek dui op ‘n mislukte voorval van brandstofdiefstal by die pyplyn, en ondersoeke duur voort: