Drie dialise-masjiene aan gesondheidsentrum in Katutura geskenk

Drie dialise-masjiene ter waarde van 2 miljoen Namibiese dollar is aan die Oyetweni-gesondheidsentrum in Katutura in die hoofstad aan die Namibiese gesondheidsministerie oorhandig. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê toegang tot dialise-behandeling is vir baie jare ‘n uitdaging vir die plaaslike gesondheidsektor. Hy sê hy is bly om groot vordering in terme van dialise-behandeling in Namibië te sien, aangesien die ministerie sy bes doen om nier-eenhede in alle streek-staatshospitale te vestig. Die drie dialise-masjiene is deur die De Beers-maatskappy, Grandview Diamonds Namibia, geskenk. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie …