Drie dames verseker goeienuus-naweek vir Namibië

Wydlopende reaksie word steeds ontvang oor Chani Rabe van Namibië, wat as mej. Supranational 2021 gekroon is by die 12de weergawe van die kompetisie in Pole en die Namibiese naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi wat onderskeidelik goud en silwer gewen het in die 200 meter-finaal op die Wêreldatletiek-byeenkoms se Onder-20 Kampioenskappe in Nairobi, Kenia. Boonop breek Mboma ook die onder-20 wêreldrekord met haar tyd van 21,84 sekondes. Hoe voel ons leiers?