Drie Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in drie distrikte – Keetmanshoop, Tsandi en Eenhana – aangemeld, asook 43 nuwe gevalle uit 1 864 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,3 persent verteenwoordig. In die groep is 11 leerders van verskeie skole, asook een elk onderwyser, student en gesondheidswerker. Daar is nou 1 100 aktiewe gevalle, waarvan 92 in hospitale is en nege in intensiewesorgeenhede.