Drie Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in drie disktrikte, Outapi, Okahao en Rundu aangemeld, asook 125 nuwe gevalle uit 1 491 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 8,4 persent verteenwoordig. In die groep is 35 leerders van verskillende skole, 11 onderwysers en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 1 548 aktiewe gevalle, waarvan 151 in hospital is en 22 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 223 071 mense is met hul eerste dosis Covid-entstof ingeënt en 129 891 het hul tweede dosis ontvang. Die gesondheidsminsiter, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste Covid-syfers.