Drie Covid-sterftes aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in Engela, Oshakati en Oshikuku aangemeld, asook 27 nuwe gevalle uit 1 227 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,2 persent verteenwoordig. In die groep is 12 leerders van verskillende skole, asook een elk student en gesondheidswerker. Daar is nou 2 538 aktiewe gevalle, waarvan 28 pasiënte in hospitale is en vyf in hoësorgeenhede.