Drie capybaras vir Pta-dieretuin

Besoekers aan die Nasionale Dieretuin in Pretoria sal die eerste keer in meer as 20 jaar weer die natuur se grootste knaagdiere kan bekyk. Die dieretuin het drie capybaras ontvang – een mannetjie en twee wyfies. Die diere se varkagtige liggame is aangepas vir ‘n lewe in water. Hulle tone is gedeeltelik geweb en soos by ander knaagdiere hou hulle tande aan groei. Capybaras word in Suid-Afrika as ‘n indringerspesie beskou en die dieretuin se direkteur van diereversameling, Tracy Rehse, sê hulle mag nie met die diere teel nie.