DRC-brandslagoffers maak kapsie oor bystand aan die kus

Brandslagoffers by Swakopmund se DRC informele nedersetting is ontevrede oor die strukture wat deur die munisipaliteit opgerig is om hulle tydelik te huisves. Die 24 brandslagoffers van 16 huishoudings bly tans op die DRC-sportveld nadat hul sinkhuise verlede maand in ‘n vuur verswelg is. Die groep se woordvoerder, David /Uirab, sê die hardebord waarmee die huisies opgerig is, kan maklik deur wind, vuur, koue weer en reën vernietig word, dit is onveilig en te klein om huisgesinne te huisves.