Dranksmousende diplomate – daar’s nog betrokke

In Suid-Afrika sal daar in die volgende paar weke teen nóg buitelandse diplomate opgetree word wat hulle skuldig gemaak het aan die onwettige handel in belastingvrye alkohol. Talle diplomate van Lesotho en almal van Malawi is onlangs weens dié oortreding uit Suid-Afrika geskop.