Drankhandelaars in die Kaap ruk op teen regulasies

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisieoorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê hy sal die memorandum wat drankhandelaars aan hom oorhandig het, bestudeer en daarop reageer. Sowat 200 drankhandelaars het na die LUR se kantoor en die Parlement opgeruk om te betoog teen ‘n aantal regulasies in die bedryf. Dit sluit sonering en permitte in. Allen sê drankhandelaars speel ‘n belangrike rol in die provinsie se ekonomie en in werkskepping: