Drankbedryf betaal weer aksynbelasting aan SA Inkomstediens

Die Suid-Afrikaanse Drankhandelsnaam Vereniging, SALBA, het vandag aangekondig sy lede het begin om hulle aksynsbelasting-verpligtinge aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens na te kom. Die voorsitter, Sibani Mngadi, sê die vereniging is dankbaar dat die inkomstediens uitstel toegestaan het en hulle sal nou begin om hierdie betalings te doen. SALBA het die inkomstediens in Junie om uitstel gevra vir aksynsbelasting van sowat 2,5 miljard rand wat daardie maand betaal moes word. Die inkomstediens het 90 dae uitstel voorgestel vir die betaling van aksynsbelasting op alkohol. Die drankbedryf het swaar verliese gely weens die drankverbod.