Dr. Richard Kamwi verduidelik malaria-veldtog

Die voormalige Namibiese gesondheidsminister en malariakenner, dr. Richard Kamwi, reageer op die ministerie se binnenshuise malariasbespuitings-veldtog wat in die 21 geteikende malaria-distrikte afgeskop. Verlede jaar is 13 600 malaria-gevalle en 40 sterftes aangemeld in die streke van Kavango-Oos en –Wes, Ohangwena en Zambezi wat 85 persent van die gevalle en sterftes verteenwoordig. Vanjaar sal die veldtog ook in ander streke soos Oshikoto, Otjozondjupa, Omusati, Kunene en Oshana plaasvind. Die ministerie se teiken is om malaria teen 2023 heeltemal uit te wis. Kamwi verduidelik hoe die proses werk.