Dr. Hangala doen beroep op landsburgers om in te ent

Die Hangala-groep voel bevoorreg om deel van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid se sakekonsortium te wees wat die Covid-pandemie in Namibië takel. Die uitvoerende voorsitter, dr. Leake Hangala, was teenwoordig tydens die amptelike oorhandiging van ‘n Covid-veldhospitaal van 40 beddens by die Oshakati-staatshospitaal aan die ministerie van gesondheid. Dr. Hangala, gesels met Kosmos 94.1 Nuus en doen ‘n beroep op alle Namibiërs om vir hul inentings te gaan.