Dr Geingob oor Swapo se steunbasis

President Hage Geingob sê SWAPO bly sterk en verwerp insinuasies dat die
regerende party sy steunbasis verloor. Dr Geingob het tydens die vergadering van die
party se sentrale komitee in Windhoek ‘n beroep op LP’s in die Nasionale Vergadering
gedoen om nie die party in die steek te laat wanneer opposisiewetgewers die party
aanval nie. Voormalige goewerneur van die Kavango -Oos, Samuel Mbambo en
Zambezi -goewerneur, Alufea Sampofu is as nuwe lede van die sentrale komitee
ingesweer. Hulle vervang Marco Hausiku en dr Ngarikutuke Tjiriange wat oorlede is.