Dr Geingob bring hulde aan wyle ds. Willem Konjore

President Hage Geingob het in ‘n huldeblyk aan die ontslape oud-politikus ds. Willem Konjore ,hom beskryf as ‘n man met ‘n groot nalatenskap wat veral onthou sal word vir die manier waarop hy sy diens aan die land en sy mense verrig het. Volgens dr Geingob was sy aksies altyd gebasseer op liefde, en sal sy lewe en invloed op die land en sy mense altyd bly voortleef. Konjore is gister met ‘n staatsbegrafnis by #Gabes in die Karas-streek begrawe.