Dr. Amathila help bou koshuis en skool in Kunene

Die opvoeding van die Namibiese kind is ‘n verantwoordelikheid van alle Namibiërs. Dit is presies die boodskap wat die voormalige kabinetsminister, dr. Libertina Amathila in haar aftrede beoefen. Dr. Amathila het haar tyd en eie geld gebruik om aan die behoefte van ‘n koshuis vir beide onderwysers en leerders by die Otjomuru Gekombineerde Skool in die Kunene-streek te voldoen. Sy het die skool laat uitbrei wat aanvanklik net leerders tot graad sewe gehuisves het en nou tot graad 10 aanbied. Dr. Amathila sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is tevrede met die resultate en sien nou uit daarna om ten volle af te tree en te rus.