Dossier van 1965-ongeluk heropen

Die polisie in Mpumalanga doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom met inligting oor ‘n ongeluk in 1965 in Mmamethlake in die gedeelte van Hammanskraal wat tans in Mpumalanga val. Nege leerlinge is dood en ‘n aantal beseer toe ‘n bakkie hulle raakgery het nadat hulle uit ‘n bus geklim het. Die bestuurder van die bakkie het weggejaag. ‘n Polisiewoordvoerder sê die oorlewende slagoffers is nou pensioenarisse wat steeds deur die voorval geraak word. Die polisie in KwaMhlanga soek na ene Koos Engelbrecht wat hulle glo in die ondersoek kan help.