Dorpsrade sukkel oral met ‘n tekort aan geld…

Dorpsrade en munisipaliteite regoor die land is finansieel in die knyp met uitstaande munisipale rekenings en beperkings tot hoe hoog hulle tariewe kan opstoot. Okakarara is geen uitsondering nie. Die dorpsraad se hoof uitvoerende beampte Ehrnst Katjiku het huurders van dorpsraadhuise daaraan herinner dat alle uitstaande skuld binne 60 dae betaalbaar is of die raad sal hom aan die reg wend om die fondse in te win. Terwyl hy geen besonderhede verskaf het oor hoeveel geld uitstaande is nie, sê Katjiku dat huurders ook uit die eiendomme gesit sal word.