Dorpie Tsandi mik na dorp-status
Die raadsvoorsitter van die dorpie Tsandi, Selma Kadhila, doen ‘n beroep op die Landelike Ontwikkeling-ministerie om die raad na ‘n dorpsraad op te gradeer. Die nedersetting is in 2015 as ‘n dorpie verklaar, maar sy bevolking het hand oor hand toegeneem en sy ekonomie het ook gegroei. Kadhila het by die amptelike opening van die derde Tsandi Jaarlikse Handelskou en Ekspo gepraat. Lynminister Erastus Uutoni sê die leierskap en gemeenskap moet saamwerk en verseker dat inwoners van Tsandi hul munisipale rekeninge betaal, om die raad te help om weer in die dorp se ontwikkeling te belê. Die raad moet ook hul politieke verskille opsy sit om die ambisie te verwesenlik om tot ‘n dorpsraad opgegradeer te word.