Doodsdreigemente as tennisspelers verloor

Professionele vroulike tennisspelers sê hulle ervaar doodsdreigemente wanneer hulle ‘n wedstryd verloor. Internasionale nuusagentskappe berig dat die Amerikaner Shelby Rogers gesê het, na sy verloor het by die Amerikaanse Ope dat sy weereens doodsdreigemente op sosiale media sal ontvang. Rogers het bygevoeg dat sy beledig word en ‘n vet vark genoem word. Toe nog ‘n Amerikaanse speler Sloane Stephens verloor het teen Angelique Kerber het sy ook boodskappe ontvang, van hulle rassisties. Sy sê sy het meer as 2 000 boodskappe na sy die wedstryd verloor het, ontvang en van hulle het haar met aanranding gedreig. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *