Dolfyne gered, vir nou

‘n Nederlandse regter het die verskuiwing van agt dolfyne, twee walrusse en twee seeleeus na ‘n Chinese pretpark tydelik gekeer, ná diereregte-aktiviste ‘n dringende aansoek by die hof ingedien het. Die bewaringsgroep Sea Shepherd en die plaaslike House of Animals het die Nederlandse dolfynsentrum voor die Streekhof in Amsterdam gedaag, om die uitvoer na die Hainan Ocean Paradise te verhoed. Die temapark is in die suide van China in aanbou. ‘n Volle verhoor word op 23 November gehou.