Dokumentêr oor KwaZulu-Natalse onluste vrygestel

Die Suid-Afrikaanse Spesiale Risiko-versekerings-vereniging het ‘n dokumentêr getiteld ‘The Unrest’ in Sandton, Johannesburg, bekendgestel. Die dokumentêr se première was in KwaMashu, wat die middelpunt van die KwaZulu-Natalse onluste in Julie 2021 was. Die voorsitter van Sasria se vergoedingskomitee, Mantuka Maisela, sê ‘The Unrest’ bekyk die ekonomiese uitwerking van die onluste. Maisela sê meer as 30 miljard Suid-Afrikaanse rand se eise is aangemeld.