Doha-ooreenkoms het die Afghaanse-chaos veroorsaak

‘n Senior Amerikaanse generaal, Frank McKenzie, sê die ineenstorting van die Afghaanse regering en sy veiligheidsmagte kan herlei word na ‘n ooreenkoms verlede jaar tussen die Trump-administrasie en die Taliban, wat ‘n totale onttrekking van Amerikaanse troepe beloof het. Hy het voor die Gewapende Magte-komitee van die Huis van Verteenwoordigers getuig. McKenzie sê benewens die demoraliserende uitwerking van die Doha-ooreekoms, was die vermindering van troepe wat President Joe Biden in April beveel het, nog ‘n spyker in die doodskis van die 20-jaar-lange oorlogstryd.